Governing Body / Beheerliggaam
Thato Kgala verower 1e plek in Italië
Print E-mail

Die kragtige atleet het tydens die onlangse Tricolor Games in Italië baie besonders goed gevaar en het met trots sy skool se naam hoog gehou. Thato Kgala het as individu die Gauteng en SA Atletiek in Italië verteenwoordig. Hy het teen topvlak-atlete deelgeneem en het ‘n goue medalje in verspring huistoe gebring.  Vroeër vanjaar het Thato by die Interhoër ‘n 1e plek in driesprong (‘n rekord van 14.09) en ‘n 2e plek in verspring - o/16 (6,29) behaal. By die D7 Atletiek kampioenskappe het hy ‘n 1ste plek in verspring, ‘n 2de plek in driesprong en Gautengspan in beide items behaal.

DSC 0436

 

Thato Kgala represented Gauteng and Team South Africa at the Tricolor games in Italy. He achieved a 1st place in long jump.